Javane ꦮꦺꦴꦁꦗꦮ / ꦠꦶꦪꦁꦗꦮꦶ Wòng Jåwå[1] / tiyang Jawi | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 100 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Indonesië 95 217 022[2] Maleisië 641 000[3] |
Taal: | Javaans (moedertaal) • Indonesies (omgangstaal) • Nederlands (Nederlande en Suriname) • Maleis (Maleisië en Singapoer) • Frans (Nieu-Kaledonië) |
Geloofsoortuiging: | Oorwegend Islam en Kejawen. Minderhede volg Protestantisme, Rooms-Katolisisme, Hindoeïsme, Boeddhisme en Konfusianisme. |
Verwante etniese groepe: | Ander Indonesiese etniese groepe: Maleiers, Soendanese, Madurese, Tionghoa, Balinese en Indiese mense |
Die Javane (Ngoko Javaans: ꦮꦺꦴꦁꦗꦮ, Krama Javaans: ꦠꦶꦪꦁꦗꦮꦶ, Ngoko Gêdrìk: wòng Jåwå, Krama Gêdrìk: tiyang Jawi, Indonesies: suku Jawa)[6] is 'n etniese groep inheems aan die Indonesiese eiland Java, wat Javaans as moedertaal praat. Met sowat 100 miljoen mense (soos op 2011) vorm hulle die grootste etniese groep in Indonesië. Hulle leef hoofsaaklik in die sentrale en oostelike dele van die eiland, maar in die volksmond word die hele bevolking van die eiland Java valslik Javane genoem. As gevolg van die Transmigrasi is daar ook 'n beduidende aantal mense van Javaanse afkoms in die meeste provinsies van Indonesië, Maleisië, Singapoer, Suriname, Suid-Afrika en Nederland.
Die Javaanse etniese groep het baie ondergroepe, soos die Mataram, Cirebonese, Osing, Tenggerese, Boyanese, Samin, Naganese, Banyumasan, ens.[7] Hulle is verwant aan ander Indonesiese etniese groepe soos die Maleiers, Soendanese, Madurese, Tionghoa, Balinese en Indiërs.
Die meerderheid van die Javane identifiseer hulself as Moslems en 'n minderheid identifiseer hulself as Christene of Hindoes. Tog is die Javaanse beskawing beïnvloed deur meer as 'n duisend se interaksies tussen die inheemse animisme Kejawen en die Indiese Hindoe-Boeddhistiese kultuur en hierdie invloed is nog sigbaar in die Javannese geskiedenis, kultuur, tradisies en kunsvorme. Tot in die 16de eeu was die meeste Javane Hindoes of Boeddhiste, maar nadat Arabiese en Indiese handelaars die Maleise argipel bereik het, het die meeste Javane tot Islam bekeer.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)